Home
edutainment.co.za
E-mail

Welkom by eduTainment – die wonderwêreld waar jy kan ontdek wat dit beteken om jouself te ken, jouself te aanvaar, en die beste van jouself te kan maak!

 

Ek het eduTainment begin en gevestig omdat ek reeds terwyl ek skoolgehou het, besef het dat daar nie iets bestaan soos ‘n mens wat uit eie keuse ongelukkig wil wees, of nie wil goed voel oor hom- of haar-self nie. Daar is egter baie faktore wat dit beïnvloed, en omdat daar nie ‘n ‘resep’ is wat vir almal sal werk nie, het ek ‘n studie gemaak van dit wat die allerbelangrikste is, en daarop gefokus. Omdat ek ook voortdurend navorsing gedoen het, kon ek deurentyd bywerk, aanpas en verbeter.

 

Die gevolg is: verskeie hulpmiddels wat mense van alle ouderdomme help om hulself beter te ken, goed oor hulself te voel, suksesvolle verhoudings op alle terreine te kan hê, en hul potensiaal te kan verwesenlik.

 

Ek sien daarna uit om hierdie wonderwêreld saam met jou te betree!

 

Sanet van Deventer

Uitvoerende Hoof, eduTainment-Opvoedkundige Prosesse bk.

 

Die vertrekpunt van al ons programme en kursusse is die eduTainment-Ontwikkelingsprofiel.

 

Wonderwêreld van “Ken jouself”

Alle mense baat by die kennis wat hulle van hulself te wete kom d.m.v. die eduTainment-Ontwikkelingsprofiel. Die volgende is beskikbaar:

 

v  eduTainment-Ontwikkelingsprofiel vir kinders en studente

v  eduTainment-Ontwikkelingsprofiel vir volwassenes

 

Nommerpas Kursusse vir Kinders en Ouers

Ouers baat in alle opsigte by die verskeidenheid produkte en kursusse wat aangebied word.

Dit sluit die volgende in:

 

v  eduTainment-Leervaardigheidskursus

v  eduTainment-Lewensvaardigheidskursus

v  eduTainment-Ouerverrykingskursus

v  eduTainment-Volwasseverrykingskursus

v  eduTainment-Verhoudingsverrykingskursus

 

Lees wat ander sê:

 

 

“Ek weet nou hoe om my tyd reg te beplan, en ek kan nie glo hoeveel meer vrye tyd ek het nie! En dit terwyl ek ook BAIE beter presteer! Hierdie kursus het vir my gewerk!”


 
- Louis Fourie

 

 

 

“Ek het my baie van myself geleer en my geleer hoe om te leer. Dit help my reeds oral want dit is interessant en maklik om toe te pas.”             


-
Marianne de Villiers

 

 

 

“ Die kreatiewe metodes maak als oulik en lekker om te leer!”                          

- Mia, Graad 10

 

 

 

Ek is Andreas Swanepoel, 11 jaar oud en in Doxa Deo Skool.  Ek het in die begin van my graad 5 jaar na tannie Sanet gegaan vir haar studiemetode-kursus.

 

Die kursus was baie opwindend vir my.  Ek het myself en my vermoens beter ontdek.  Haar kursus het my baie gehelp met

ü   opsommings

ü       beplanning

ü   tydsbesteding

ü       wiskunde wenke

ü       nuwe metodes en planne vir leer

 

Tannie Sanet het my so gemotiveer om harder te werk deur die jaar, sodat ek minder hoef te leer in die eksamen.  My eksamen en toets uitslae was beslis ‘n bewys daarvan.  Ek het elke kwartaal ‘n gemiddeld van 90 persent kon kry, omdat ek haar raad gevolg het.    

                                                                                
- Andreas, Graad 5

 

 

 

Ek kan saamstem met alles wat Andreas geskryf het en nog die volgende byvoeg.

 

Die doel van die kursus was geslaagd in sy selfkennis, begrip vir verskillende onderwysers se manier van doen, beter prestasies, stel van doelwitte en die bereik daarvan.  Alles in die lewe wat waarde het neem seker tyd en hierdie is een daarvan.  Andreas het ‘n rukkie geneem om te verstaan en uit te sorteer hoe om verskillende vakke op te som, maar ek dink hy begin dit al beter regkry.  My insette was in die begin nog baie en dit raak al hoe minder, hoe meer hy besef wat die waarde van gereeld werk is en hoe om te beplan.  Sy gemotiveerdheid wissel nog soms maar ons help om te poog om altyd by ‘n gebalanseede lewe te handhaaf.

 

Die riglyne wat Andreas by jou kursus gekry het, het blywende indrukke gelaat.  Ek kan sien dat hy behalwe vir die skoolwerk sy emosies al kan herken en beheer en ander mense se emosies kan respekteer.  Die beplanning van werk en aktiwiteite, geheuekaarte doen hy alles self.  Die tyd vir speel is agter min, maar hy kom wel daarby uit.  Andreas het selfs meer begrip hoe belangrik gesond en gereeld eet is, sy lyfie getuig daarvan.

 

Dankie dat ons jou enige tyd kan kontak oor probleme en onsekerhede hoe om by doelwitte uit te kom. Ek beveel jou kursus met graagte aan!!   Baie dankie vir jou entoesiasme oor leer wat jy aan ons kind oorgedra het.

 

Baie groete

Blyde                                                                                                     

-  Andreas se ma, Blyde